Zandvlakte Guest Farm
- Zandvlakte Guest Farm
- Telephone: +27 49 839 1002
- Fax: +27 86 694 4433
- Email: zandvlakte @ gmail.com
- Website: http://www.baviaanskloof.com
Read more (Show me more info)
Die alombekende historiese plaas Zandvlakte bied verblyf, tradisionele plaasetes en wildsbesigtingstoere aan na die aangrensende wildernis, sowel as die omliggende besienswaardighede.
Hier is volkome ontspanning nie ‘n besigheid nie, dis ‘n lewenswyse. Die plaas bied verblyf in ou gerestoureerde geboue wat sedert 1817 die geskiedenis van die plaas reflekteer in die verskillende argitektoniese style.
Die atmosfeer is informeel, huislik. Gaste beleef die impak van omgewingsbewaringsaksies, onder andere die luiperdnavorsing en ontmoet die Anatolies honde by die skape op die berge.
Die plaas is afgeleë, nie afgesonder nie. Wenk: Bespreek vooruit . Landingstrook en helikopter landingsblad ook beskikbaar.




